Collection: JAPTRAP Produkte

Jy werk hard vir jou geld. Weet jy of jou besigheid régtig wins maak?

JAPTRAP is ’n praktiese besigheidstelsel vir klein besighede, opgebou uit eenvoudige modules wat jou help om die syfers agter jou besigheid te verstaan.

💰 Wat moet ek vir my produk vra?
⏱️ Wat behoort ek per uur te vra?
🚗 Wat kos my voertuig en ritte werklik?
📊 Waarheen gaan my geld — en wat bly oor?

Elke JAPTRAP hulpmiddel help jou om ’n spesifieke deel van jou besigheid beter te meet, verstaan en bestuur.

Om te meet is om te weet.

👇 Kies hieronder die JAPTRAP oplossing vir die vraag wat jy vandag in jou besigheid moet beantwoord.

Nie seker watter JAPTRAP jy nodig het nie?

Begin by die vraag wat jou tans die meeste geld kan kos:

⏱️ Ek weet nie wat ek vir my tyd behoort te vra nie.

→ Kies My Uurtarief App vir ’n eenvoudige aanlyn ervaring, of My Uurtarief Sakrekenaar as jy verkies om in Excel te werk.

🚗 Ek weet nie wat my voertuig en ritte my werklik kos nie.

→ Gebruik die Voertuig & Ritkoste Sakrekenaar.

💰 Ek weet nie of my pryse reg is en genoeg wins maak nie.

→ Kies die Prys- en Winsrekenaar App vir ’n eenvoudige aanlyn ervaring, of die Prys- en Winsrekenaar as jy verkies om in Excel te werk.

📚 Ek wil my geld, voorraad en debiteure beter beheer.

→ Kies die Boekhou & Voorraadbeheer-stelsel, of die uitgebreide Boekhou, Voorraad & Debiteure-stelsel as jy ook op krediet verkoop.

👥 Ek wil my personeeladministrasie beter organiseer.

→ Kyk na die JAPTRAP Personeelbestuurstelsel.

Jy hoef nie alles tegelyk reg te maak nie. Begin met een behoefte. Kies die hulpmiddel wat daarby pas.

Waarom JAPTRAP?

JAPTRAP is meer as los produkte — dit is ’n besigheidstelsel wat uit praktiese modules bestaan om jou te help om jou besigheid beter te verstaan en bestuur.

Ons glo in ’n eenvoudige beginsel:

Om te meet is om te weet.

Daarom help JAPTRAP jou om die insig te kry wat jy nodig het om jou besigheid se finansies beter te beplan, organiseer, implementeer en monitor.

Eenvoudige hulpmiddels. Betekenisvolle syfers. Beter besigheidsbesluite.